Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Gabloematiem " deur RONNIE BELCHER
" Gabloematiem " deur RONNIE BELCHER [boodskap #63714] Vr, 14 Junie 2002 14:11
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Gabloematiem
Ronnie Belcher

Toe Moesliempies madressa toe moes gaan
om blootvoet aan die knie van die moestaat
te leer om op te sê uit die Koer-Aan
sodat hul met 'n hadjie kan saampraat
byvoorbeeld oor die iets van Ramadaan
of slimtes van abdas voordat jy bid
en so by tam'mat kom, kon hul nie mooi verstaan
hoe die Arabies op hul tong moet sit.
Toe skryf leesjmoeni die Gabloematiem
in Afrikaans wat soos Arabies lyk
dat soortes wat moekallaf is kan sien
hoe Gods woord vir Shytaan sal laat wyk
omdat hy bang is vir dié Kaapse taal
soos wat 'n Slams dit skrywe: regop en halaal.
Vorige onderwerp: " Siestog " deur INA ROUSSEAU
Volgende onderwerp: " Seekoevlei " deur NP van Wyk Louw
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 15:17:52 MGT 2024